Star Trek

Star Trek-uniforms tydens die Electronic Entertainment Expo 2012 in Los Angeles
Leonard Nimoy en William Shatner, die vertolkers van die hoofkarakters in die oorspronklike televisiereeks
Star Trek se kulturele invloed was van begin af nie beperk tot die vermaaksfeer nie. Merkwaardig is die reeks se progressiewe standpunte ten opsigte van burgerregte. Een van die eerste multi-etniese televisiespanne in die VSA was in Star Trek te sien
Star Trek-estetika: 'n Skerm vertoon 'n bruindwerg
'n Star Trek-sterskip versnel tot High warp
Beam me up, Scotty!
Star Trek se befaamde teleportasiekamers is uit finansiële nood gebore. Die NBC-vervaardigingspan in Los Angeles het nie oor die finansiële middele beskik om landings en opstygings van ruimtetuie elke keer in besondere tonele te verfilm nie. Teleportasiestrale was 'n maklike en tegnologies gesofistikeerde oplossing
Die Melkweg met Star Trek-beskawings
Gene Roddenberry, skepper, vervaardiger en outeur van Star Trek in 1976 tydens 'n lesing by 'n Texaanse studente-unie
Een van NASA se ruimtependeltuie is ter ere van die fiksionele Star Trek-ruimtetuig Enterprise genoem. Star Trek-akteurs het saam met Gene Roddenberry 'n plegtigheid bygewoon toe die pendeltuig in 1976 buite die vervaardigingsaanleg in Palmdale, Kalifornië aan die publiek bekendgestel is

Star Trek is ‘n Amerikaanse wetenskapsfiksie-vermaakkonsessie wat deur Gene Roddenberry geskep is. Dit wentel grootliks om Star Trek se ses televisiereekse: The Original Series, The Animated Series, The Next Generation, Deep Space Nine, Voyager en Enterprise. Die konsessie sluit verder dertien langspeelfilms, dosyne speletjies, honderde novelle en ‘n tema-attraksie in Las Vegas (geopen in 1998 en gesluit in September 2008) in, benewens minstens twee reisende museumuitstallings van staanmaakmodelle. Beginnend by die oorspronklike televisiereeks en voortgesit deur die daaropvolgende films en tv-reekse, het die konsessie tot ‘n kultusfenomeen ontwikkel, wat die skepping van die ten volle funksionele Klingontaal meegebring het, en dikwels inslag in die gewilde media sou vind.[1] Na aanhangers van Star Trek word verwys as Trekkies of Trekkers.

  1. Italie, Hillel (2 Julie 2007). "Potter Reaches Cult Phenomenon Status". Seattle Times. Associated Press. Besoek op 19 Oktober 2011. In hierdie artikel word die status van Star Trek as ‘n kultusfenomeen as ‘n gegewe aanvaar.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search